Sunday 24 June 2012

"Me Time"

Julle weet mos wat hulle sê van 'n loodgieter se pype?  En 'n eletrisiën se bedrading?  Wel, glo dit of nie, ek het sowaar nie een gehekelde kussing in my eie huis nie!  Dit wat ek hekel is gewoonlik vir iemand anders, of as iemand hou van wat ek doen gee ek dit baie maklik vir daai persoon.  Hekelwerk is vir my regtig 'n liefdes taak en daar is min dinge so lekker soos gee.

Wel, dit was nou tot so 2 weke gelede, toe ek 'n geskenkpakkie wen op 'Ons Hekel', 'n blad op Facebook wat ek 'n paar keer per dag besoek.  Oe!  wat 'n vreugde.  Die pakkie kom toe verlede week hier aan.... 


opwinding! Die allermooiste Vinnis Colours - sommer 5 sagte kleure!  Plus die mooiste gehekelde roos borspeld, spelde in 'n oulike houertjie, en 'n vrolike bont skertjie. En natuurlik 'n bloedrooi hekelpen!


Ek kan myself nie keer nie en begin sommer net daar by my lessenaar hekel, en daar en dan besluit ek, hierdie wol en hierdie projekkie is net vir 'me, myself and I'.


Dis die mooiste kleure en perfek om my sitkamer op te vrolik.

Vinnig is een kussing klaar..


en daar is genoeg wol vir nog een!





En sowaar, na twee is daar nog wol vir 'n derde ook...



Baie baie dankie Christelle, vir die groot geskenk.  Dit was so lekker om bederf te word.


1 comment:

  1. O jissou, kyk hoe mooi is dit! En die skuins strepe!!

    ReplyDelete